Investering in Kriptogeldeenhede

Jy word uitgenooi om deel te neem aan 'n navorsingsstudie oor kriptogeldeenhede. Hierdie studie word uitgevoer deur Agne Jurkute van Birmingham City University as deel van die Finansies en Belegging kursus se finale jaar proefskrif. Hierdie navorsing word onder die toesig van Dr. Navjot Sandhu gedoen. As jy toestem om deel te neem, sal jy gevra word om 20 kort vrae te beantwoord oor die bewustheid van belegging in kriptogeldeenhede en die regulering daarvan. Hierdie vraelys sal ongeveer vyf minute neem en dit is heeltemal vrywillig. Deur deel te neem aan hierdie opname gee jy toestemming dat die inligting wat deur jou verskaf word, gebruik kan word in akademiese navorsing.


Die doel van hierdie studie is om die moontlikhede van kriptogeldeenhede om by die formele bates klas aan te sluit, te ondersoek. Kriptogeldeenheid is 'n tipe virtuele geldeenheid wat gebruik word om aanlyn transaksies te maak. Huidiglik is daar baie bespreking oor die regulering van kriptogeldeenhede. My navorsingsdoel is om die openbare mening oor belegging daarin te ondersoek.

Jou data sal deur my geanaliseer word en met my toesighouer, Dr. Navjot Sandhu, gedeel word. Geen identifiseerbare persoonlike data sal gepubliseer word nie. Gedurende die studie sal jou data vertroulik gestoor word in 'n wagwoord beskermde vouer waartoe slegs ek en my toesighouer toegang sal hê.

1. In watter ouderdomskategorie val jy?

2. Wat is jou geslag?

3. Watter stelling beskryf jou huidige status die beste?

4. Wat is jou jaarlikse huishoudelike inkomste?

5. Het jy al ooit van kriptogeldeenhede soos Bitcoin, Litecoin, ens. gehoor?

6. Hoeveel weet jy van kriptogeldeenhede?

7. Besit jy of het jy ooit kriptogeldeenheid besit?

8. Gevoelens geassosieer met kriptogeldeenhede (kies alles wat van toepassing is):

9. Hoe belangrik is die volgende faktore as voordele van kriptogeldeenhede?

10. Hoofredes om in kriptogeldeenheid te belê (kies alles wat van toepassing is):

11. Watter faktore keer jou om in kriptogeldeenheid te belê? (Kies alles wat van toepassing is):

12. Kriptogeldeenhede, anders as die konvensionele geldeenhede wat deur 'n monetêre owerheid uitgegee word, word nie beheer of gereguleer nie. As kriptogeldeenheid behoorlik deur die regering gereguleer word, sou jy in hulle belê? (As jou antwoord "Ja" is, gaan na Vraag 14)

13. As jy “Nee” geantwoord het op Vraag 12, spesifiseer asseblief waarom (kies alles wat van toepassing is):

Ander (spesifiseer asseblief):

    14. In jou mening, watter is meer riskant, om in die aandelemark te belê of om in kriptogeldeenheid te belê?

    15. En watter dink jy sou meer winsgewend wees, om in die aandelemark te belê of om in kriptogeldeenheid te belê?

    16. Dink jy kriptogeldeenhede kan by die tradisionele bates klas aansluit? (As jou antwoord "Ja" is, gaan na Vraag 18):

    17. As jy “Nee” geantwoord het op Vraag 16, spesifiseer asseblief waarom (kies alles wat van toepassing is):

    Ander (spesifiseer asseblief):

      18. Beoordeel asseblief die volgende faktore wat jy belangrik ag vir die aanvaarding van kriptogeldeenheid:

      19. Hoe waarskynlik is dit dat jy in die toekoms in kriptogeldeenheid sal belê?

      20. Glo jy in die toekoms van kriptogeldeenhede soos Bitcoin of Litecoin oor die volgende vyf jaar?

      Skep jou eie opnameAntwoord op hierdie vraelys