Geagte respondent,
Ek is ’n student in klere-tegnologie en doen ’n studie om die behoeftes van petite (kleiner) vroue en die probleme wat hulle ondervind wanneer hulle kantoorklere kies, te ondersoek.
Die doel van die opname is om vas te stel watter probleme petite vroue ondervind wanneer hulle klere vir die werk soek, watter konstruksie- en estetiese aspekte van klere vir hulle die belangrikste is, en watter verwagtinge hulle het van ’n kantoorklereversameling wat spesiaal vir petite figure ontwerp is.
Die opname is anoniem, en die data wat verkry word, sal slegs vir die navorsingsdoeleindes van my finale projek gebruik word. Dit sal ongeveer 10 minute neem om die vraelys in te vul.
In hierdie studie word ’n petite figuur omskryf as ’n vrou met ’n lengte van tot 163 cm.
Dankie dat u die tyd neem om deel te neem!